Soos kunstig vlinder vlerke
los jy vlugtig kleurvol spore
in die harte van jou mense
Van vervlenter kaalvoet klonkie
wat vrolik sing in die reën
tot hartseer uitset woede
was op jou verhoog gespeel.
Eenheid in die reënboog
van jou vlietende bestaan.
Skilder jy die toekomspad
waarop jou nuwe land sou gaan?
Kortstondig was jou vlinderspore
soos trane oor die wang
maar diep getrap in seer onthou
lê jy nog in lief en leed vasgevang.
Sal daar eendag uit die seer-oogvlek
teen Tafelberg se hang
‘n nuwe vlinderdrama
Uit die rommel op kan staan?
©