Twintig twintig.
Nee, nie die visie nie. Dit het die suiker lankal van my gesteel. (hulle maak hoeka nie meer die leesbrille soos voorheen nie. Nou die dag toe ek ‘n nuwe een wil koop werk die nommer een nie meer so lekker nie. Toe moet ek ‘n twee plus koop.)
Ek praat van twintig twintig, die jaar.
My testament het twee baie duidelike opdragte:
1 As ek gaan moet hulle my pajamas aantrek en nog een nag in my bed laat slaap. As die buurman se hond my nie die volgende oggend vyfuur wakker geraas kry nie kan hulle my maar veras, want dan is ek nie meer nie. Die hond moet egter ‘n laaste kans kry.
2 My as moet dan op die winkelsentrum se dak gestrooi word. So sal ek darem seker wees die familie kom besoek my ten minste een keer ‘n maand.
As ek nou teen twintig twintig nog nie by die winkelsentrum rondle nie sal ek sekerlik nie meer met die buurman se hond hoef te baklei nie. Hy gaan na ‘n ander bejaarde huis toe.
My finansies is nou nie van so ‘n aard dat ek dalk ‘n kans het om my lewe te geniet voor daai tyd nie. Ek moet erken dat ek al die Lotto probeer het maar ek het agtergekom dat ek ‘n beter kans het om swanger te raak as om daai wereldbeker te wen.
So wat nou?
Ek is op soek na ‘n stewige tweedehandse kierie wat nog nie baie myle op het nie. Daarmee kan ek darem nog al ratelende agter die mooi verpleegsters aanskuifel.
Dan soek ek ook ‘n goedkoop tweedehandse GPS. Dit moet toegerus wees met Karin Zoid se stem. Dis nou sodat ek my pad terug na my bed kan kry as die verpleegsters vir my weghardloop.
Ek het gister met ‘n slag besef dat ek moet begin beplan vir die jare na die Afrika sokkerbeker. Aangesien ek geen hoop het om uit my huidige spiraal te kom nie wil ek darem seker maak ek het alles wat ek gaan nodig kry vir die bejaarde huis. Teen die huidige inflasie gaan die prys van loopstokke so vinnig op dat ek maar vroegtydig wil begin bymekaar maak.
Ek sal aan die einde van volgende maand weer kom vra vir goed soos oumensdoeke en goedkoop tweedehanse valstande.
Laat weet asb dringend indien u van die items beskikbaar het. Met die spoed van die huidige posstelsel weet mens nooit hoe lank dit gaan neem voor ek dit ontvang nie. Ek wil nou nie he dat die laat aflewering dalk my boedel se afhandeling vertraag nie.

Bulder ek onvroulik diekant van die aardbol. Ek kan vir jou 'n bloekomtak afkap, sal soek vir een wat klaar die vorm het van 'n kierie neef Naas.Outop wil nog nie afstand doen van sy gebit nie anders kon ek help met die tweedehandse tande ook. Groetnis vanuit Gatkantland. Meraai.
ReplyDeleteDankie Ta Raaitjie. Hier by ons staak die pos mos. hulle lewer net local af so dit help nie eers jy stuur daai bloekomtak aan nie. teen die tyd wat ek hom kry is hy al 'n boom.
Delete