Ankole-Watusi
In elke sel van my bestaan
weergalm millennia se onthou.
Gisters verder terug as Faro se voorsate
kan ek my stamboom bou.
Nou betree ek die stofpad na more
en lei my kudde voort.
Ek dra my horings hoog met trots
soos ‘n opregte Ankole-Watusi hoort.
My ras volg my getrou
deur eeue, dekades en jare.
Soos hulle in die verskiet verdwyn
lê die toekoms in ons are,
vir nog jare, dekades, eeue.

Verlustig ek myself vroegoggend in hierdie pragtige woord en beeld skepping.
ReplyDeleteDankie Ta Raatjie. Vroegoggend!!! Ek moet nou gaan slaap/ Lang dag agter die rug.
Delete