Tuesday, 31 March 2015

Perdevleis

Ienkie pienkie ponkie
Suid-Afrika eet nou donkie
Hiekerie diekerie dok
ons maalvleis is nou bok
Taragie taragoe
ons eet biltongkangaroe
Kul jou hie
kul jou daa
ons steaks is nou sebráá.

Viskoekies in die Baai
bestaan meestal nou uit haai
Daai hoender wat so dril
is dikwels krokodil
Die salami aan die hak
is Taiwannese brak
en sagte pienk polonie
is dalk net shetlandponie.

Maar dis
als die moeite werd:
die arme Britte
kry net perd...


Nie my eie nie, deel net weer.

1 comment:

  1. Grote griet! Amper stuur ek jou stukkie egte vleisie toe lees ek jy deel net lol.

    ReplyDelete